Seën of Vloek: Jy Kan Kies
Is jy bewus van die kragte en magte wat jou daaglikse lewe beinvloed?
Ondervind jy of jou familie herhaaldelike siektes of ongelukke? Verkeer jy onder geestelike, emosionele of finansiële druk? Is die verhouding tussen jou en jou naasbestaandes besig om te verbrokkel? Wonder jy waarom sommige mense sukses behaal in die lewe, terwyl dit jou gedurig ontwyk?
In hierdie boek verduidelik Derek Prince in watter mate die kragte en magte agter seëninge en vloeke in jou lewe werksaam mag wees. Deur gebruik te maak van God se Woord asook werklike lewensgebeure, help Derek jou om die oorsake van vloeke te verstaan.